Not Logged in
SARL News Bulletin Archive



Home

Bulletin by e-mail
Bulletin Archive


SUID-AFRIKAANSE RADIOLIGA NUUS SONDAG 13 MAART 2016

Goeiemôre en welkom by die weeklikse nuusuitsending van die Suid-Afrikaanse Radioliga, gelees deur ________________________ (jou naam, roepsein en QTH)

Die Suid-Afrikaanse Radioliga saai elke Sondag om 08:15 Sentraal Afrika Tyd in Afrikaans en om 08:30 Sentraal Afrika Tyd in Engels landswyd 'n nuusbulletin uit op HF sowel as op verskeie BHF- en UHF-herhalers. Vir Echolink-luisteraars is daar 'n herleiding deur ZS6JPL. 'n Potgooi is ook beskikbaar op die Liga se webblad.

Hierdie oudio bulletin kan van die Liga se webblad by www.sarl.org.za afgelaai word. 'n Teks weergawe van hierdie en vorige bulletins kan ook daar verkry word en jy kan ook inteken om nuwe bulletins per e-pos te ontvang.

In die nuus vandag

SARL JEUG NET VANMIDDAG

SARL BHF/UHF KOMPETISIE VOLGENDE NAWEEK

en

KOMPETISIE UITSLAE VIR FEBRUARIE

Bly ingeskakel vir meer inligting oor hierdie en ander interessante nuus items.

** Die maandelikse SARL Jeug Net sal op die lug wees vanmiddag vanaf 15:00 UTC op 7 070 kHz. Alle jong mense word uitgenooi om by Koos Fick, ZR6KF, die SARL Jeug koördineerder aan te sluit vir die jong mense op die lug samekoms.

** Die eerste been van die SARL BHF/UHF analoog en digitale kompetisie loop vanaf 10:00 UTC op Saterdag 19 Maart tot 10:00 UTC op Sondag 20 Maart met FM, ESB, gelykgolf en digitale werking op 6, 4 en 2 meter, 70 en 23 sm. Die kompetisie is oop vir alle gelisensieerde radioamateurs in Suid-Afrika en sy buurlande.

Jy kan deelneem as 'n basis-stasie, 'n veldstasie, 'n klub of multi-operateur stasie of 'n 4 uur beperkte kategorie stasie. Kontakte moet twee rigting wees en die uitruiling is jou roepsein, 'n sein verslag en 'n ses-syfer ruitverwysing. Die 2016 Blouboek bevat al die inligting oor hierdie kompetisie. Logstate sal teen Sondag 3 April ingedien word per e-pos aan contest@sarl.org.za

Na die sukses van die PEARS BHF/UHF kompetisie is hier weer 'n kans om die rekords te breek.

** BHF amateurs in Afdeling 1 vanaf Kaapstad langs die Weskus, insluitend Afdeling 3, moet begin voorberei vir toetse op 144 MHz met Bruce Salt, ZD7VC, op St Helena Eiland. Bruce is geleë in Jamestown op St Helena en wag op die oomblik vir die verkryging van 'n 144 MHz yagi antenna met 'n teleskopiese mas om draagbare vanaf die fort op die berg, wat 'n duidelike uitsig na die weskus van Suid-Afrika het. Hy sal bygestaan word deur Pieter Jacobs, V51PJ, op Rosh Pinah, Namibië, wat reeds toegerus is met 'n baie hoë wins horisontale antenna reeks vir Trans-Atlantiese toetse op 144 MHz. Pieter bedryf beide analoog en digitale modusse, insluitend op 50 en 70 MHz bande en is op soek na kontakte met al die afdelings in Suid-Afrika.

Tropo geleiding manifesteer dikwels langs die Weskus en kan Kaapstad voorsien met 'n sterk ESB sein op 144 MHz wat 3 000 km voortspruit van St Helena of Namibia; soos dikwels aangemeld van Reunion-eiland oor 'n soortgelyke afstand. Baie jare gelede het Terry Cotton, ZS1HS (nou ZS1AYJ), daagliks kontak met Gerhardt Schlorf, ZS3B, op Luderitz gehad, terwyl hy woonagtig was in Groenpunt, Kaapstad. So end 'n poging aan en doen werklike amateur radio baanbrekerswerk op BHF.

** Die Wes-Kaap Herhaler Werkgroep het 'n baie nuttige webwerf geskep, waar inligting van alle herhalers in die Wes-Kaap beskikbaar is vir almal wat dit yl te bekom. Die weeklikse status verslag is daar, inligting oor die herhalers self, hul frekwensies, die APRS digiherhaler en sy dekking voorspellings patroon; die ses meter baken se besonderhede en hopelik die eersdaags geïnstalleerde Kaapstad twee meter baken. Een van die oortjies toon die hele netwerk diagram, met al die koppel frekwensies ingesluit.

Onder die Onderhoud oortjie, sal jy al die onlangse werk wat gedoen is deur sy lede kan sien. Die jongste is die nuus van die 12 uur dag ingesit deur drie plaaslike amateurs verlede Sondag om die 145,600 MHz herhaler installasie op Sir Lowry's Pass te herstel, terwyl die res van ons laat geslaap het, of krieket gekyk het of in die Kaapstadse fietstoer gery het. Die Wes-Kaap Herhaler Werkgroep is gelukkig om vrywillige lede soos dié te hê wat hul af-tyd skenk om al die herhalers in werkend toestand te hou.

Tik asseblief die woorde ‘wcrwg.co.za’ in jou web leser en jy sal die op datum webblad kan sien.

** Die tema vir die April 2016-uitgawe van Radio ZS is die tuiste konstruksie - maste, antennas, kragbronne, morse sleutels, QRP radios en bykomstighede, APRS bou stelle, klankkaart koppelvlakke, sagteware vir amateurradio, ens! Kry jou artikel by die Redakteur teen Dinsdag 22 Maart en stuur dit aan radios@sarl.org.za. Dit kan een bladsy of selfs agt bladsye lank wees - daar is genoeg spasie in Radio ZS.

U luister na 'n nuusbulletin van die Suid-Afrikaanse Radioliga.

** Jy kan aansluit by die SARL vir die oorblywende tydperk van die finansiële jaar teen slegs R240 as 'n volle lid. As jy 'n pensioenaris is en oor 65 jaar oud is, kan jy aansluit teen slegs R140. As jy nou aansluit sal jy 'n lid wees tot 30 Junie 2016 wanneer die Liga vir jou 'n faktuur stuur vir lidmaatskap vir die volgende jaar. Kry volledige besonderhede op www.sarl.org.za en kies lidmaatskap in die linkerkantste kolom. Vir meer inligting skakel Vonnie by die NARS by 011 675 2393. Sluit aan by die SARL vandag, dit is die regte ding is om te doen as amateur radio belangrik is vir jou.

** Aansoek om lidmaatskap van die Suid-Afrikaanse Radioliga is ontvang van die volgende persone - Johan Gibson, ZS4JG, Etienne L Simon, ZS1HQ, en Daniel John Freedman, ZR6DMK.

Enige besware teen die aanvaarding van hierdie aansoeke moet die Liga Sekretaris bereik voor of op die Dinsdag na hierdie bulletin. Die ledetal van die Liga staan tans op 1 639 lede en 47 geaffilieerde klubs.

** Uitslae van die SARL Nasionale Velddag. Die komitee het 14 logstate en 3 kontrolelogs ontvang vir die Februarie been van die Nasionale Velddag. Dankie, aan die Klubs en individue wat logstate ingestuur het.

Klas A - multi-operateur

1ste Wesrand ARK, ZS6WR, 136 080 punte
2nd Highway ARK, ZS5HAM, 111 720 punte
3rd Pretoria ARK, ZS6PTA, 83 640 punte

Klass C - Enkel-operateur
1st Mitchell Mynhaart, ZS6YH, 57 120 punte

Klass D - Enkel-operateur, QRP
1st Johan van Zijl, ZS4DZ, 54 594 punte

Klass F - Algemene stasies
1st Oos-Rand Tak, ZS6ERB, 12 264 punte
2nd Stephan van Jaarsveldt, ZS6SVJ, 1 200 punte
3rd Roy Walsh, ZS3RW, 680 punte

Kontrolelogs is ontvang van Joop Hesp, ZS6JP, Bruce Dunn, ZS5XT en die Durban ARK, ZS5D

** Die uitslae van die SARL Jeug Naelloop gehou op Saterdag 20 Februarie is bekend gemaak. Die komitee het vyf logstate van jong mense ontvang.

1ste Mitchell Mynhaardt, ZS6YH, 98 punte
2de Nathan Busse, ZU6X, en Robert van der Meulen, ZU6BOB, 53 punte elk
4de Connor Middelton, ZU6CM, 49 punte
5de Chané Greeff, ZS4CG, 24 punte
Baie geluk aan almal

** Die uitslae van die SARL Digitale kompetisie gehou op Sondag 21 Februarie is vrygestel. Die komitee het vyf logstate ontvang.

1ste Mitchell Mynhardt, ZS6YH, 816 punte
2de Sydney Smith, ZS1TMJ, 546 punte
3de Allan Saul, ZS1LS, 483 punte
4de Ryan Gibson, ZS6GGR, 198 punte
5de Theunis Potgieter, ZS2EC, 165 punte
Baie geluk aan almal.

** Twee logstate is ontvang vir die Skrikkeljaar Uitdaging. Dankie en baie geluk aan Johan van Aarde, ZS2I, met 177 QSOs, wie die prys van 'n SARL lidmaatskap vir 2016/2017 wen. Die ander logstaat kom van Geoff Levey, ZS6C, met 18 QSOs.

** Hannes Coetzee, ZS6BZP, berig dat die verwagte sonaktiwiteitsvlak laag gaan wees. Slegs 'n paar klein sonvlekke is sigbaar en tans is hulle almal stabiel met bykans geen kans vir ernstige sonfakkels nie.

Diegene wat hulle eie frekwensievoorspellings wil doen, kan 'n verwagte effektiewe sonvlektelling van ongeveer 24 vir die week gebruik. Amateurs kan goeie openinge op die 20 tot 10 m DX bande verwag. Besoek gerus die webtuiste spaceweather.sansa.org.za vir meer inligting.

Nou vir die dagboek van gebeure

Vandag is die SARL Jeug Net om 15:00 UTC op 7 070 kHz asook die sluitingsdatum vir ogstate vir die Hamnet kompetisie
15 Maart - Radio ZS redaksionele telekonferensie
19 en 20 Maart - die SARL BHF/UHF analoog en digitale kompetisie
22 Maart - sluitingsdatum vir artikels vir die April Radio ZS
31 Maart - sluitingsdatum vir voorgestelde referate vir die SA AMSAT Konferensie, stuur dit aan amsat@intekom.co.za
2 April - die RaDAR Uitdaging
3 April - sluitingsdatum vir SARL BHF kompetisie logstate
7 April - SARL 80 m QSO-geselligheid

Om hierdie bulletin te beëindig, 'n herhaling van ons belangrikste item in die nuus vanoggend.

Die maandelikse SARL Jeug Net sal op die lug wees vanmiddag vanaf 15:00 UTC op 7 070 kHz. Alle jong mense word uitgenooi om by Koos Fick, ZR6KF, die SARL Jeug koördineerder aan te sluit vir die jong mense op die lug samekoms.

** Die Suid-Afrikaanse Radioliga se nuusdiens nooi klubs en individue uit om nuusbrokkies van belang vir radio amateurs en kortgolf luisteraars in te dien. Plaas nuusberigte indien moontlik, in beide Engels en Afrikaans op die Suid-Afrikaanse Radioliga webtuiste onder die ‘news inbox’ skakel nie later as die Donderdag wat die bulletin datum voorafgaan nie.

Luister elke Sondagoggend om 10:00 sentraal Afrika tyd na "Amateur Radio Today". Daar is herleiding op 7 082 kHz laer syband, 7 205 en 17 660 kHz AM en verskeie herleidings op BHF en UHF frekwensies regoor Suid-Afrika. 'n Potgooi deur Dick, ZS6RO, is ook beskikbaar. 'n Heruitsending vind op Maandae om 18:30 sentraal Afrika tyd op 3 230 kHz plaas.

Ons ontvang graag jou sein rapporte, kommentaar en voorstelle, stuur 'n e-pos aan artoday@sarl.org.za. Sentech borg die uitsendings op die nie-amateur frekwensies.

Jy het geluister na 'n nuusuitsending van die Suid-Afrikaanse Radioliga, saamgestel deur Dennis Green, ZS4BS, geredigeer deur Vivian Dold, ZS6VD, en gelees deur .......................................................

73 en 88, dankie dat jy geluister het.

/EX


Copyright © 1997- 2006  South African Radio League
Last modified: 14 April 2003